News

Kunsfees en kermis weer in die Koepel gehou

Kunsfees en kermis weer in die Koepel gehou

Die NG-gemeente Vredefort en die ATKV hou op Vrydag 6 September die nou reeds bekende Vredefort Koepel Kunsfees en Kermis.
Terwyl lekkerbekke al die lekkernye wat deur die gemeente se baasbaksters voorberei word in die kerksaal kan geniet, kan die liefhebbers van goeie musiek in die kerk na ‘n fees van koorsang en instrumentale musiek luister.
Die kermis en kunsfees begin al vroeg. Jy kan vinnig iets skandelik, liplekker en ongehoord vir ontbyt saam met ‘n koppie koffie geniet en dan jou sit kry in die kerk om na die uitgesoekte kore te luister!
Toegang na die koorfees in die kerk is R20 per persoon. Voorskoolse kinders gaan gratis in.
Vanjaar kan daar geluister word na hoër- en laerskoolkore, dansgroepe, boereorkeste, solosang en instrumentale ensembles.
Daar word ook vanjaar vir die tweede keer ‘n visuele kunskompetisie aangebied.
Die kleurvolle kinderkuns sal in die saal uitgestal word.
Twee wenners word in elke kategorie aangewys. Kom kyk hoe mooi het die kinders geteken en geskilder!
Vir die kinders is daar baie vermaak, want hierdie dag is spesiaal vir hulle!
Die ATKV beskou die Vredefort Koepel Kunsfees en Kermis as een van die beste projekte wat nasionaal aangebied word. Iets om verseker op trots te wees!
Vir navrae skakel 082 565 1085.

oepel

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button