NewsNews

Amy-Leigh ontvoerders vasgetrek

‘n Vyftigjarige man en twee vroue wat deur die polisie beskryf word as die hoofrolspelers in Maandag se ontvoeringsdrama van die 6-jarige Amy-Leigh de Jager,  is Woensdagnag 4 September rondom middernag by hul huise in Vanderbijlpark in hegtenis geneem. Dit nadat die polisie aanvanklik vanoggend die inligting oor die arrestasie in ‘n berig op Netwerk24 …

‘n Vyftigjarige man en twee vroue wat deur die polisie beskryf word as die hoofrolspelers in Maandag se ontvoeringsdrama van die 6-jarige Amy-Leigh de Jager,  is Woensdagnag 4 September rondom middernag by hul huise in Vanderbijlpark in hegtenis geneem. Dit nadat die polisie aanvanklik vanoggend die inligting oor die arrestasie in ‘n berig op Netwerk24 ontken het.

Volgens voorlopige inligting is een van die verdagtes bekend aan Amy-Leigh se ouers, Wynand en Angeline de Jager.

Amy-Leigh is net na 07:15 Maandagoggend, 2 September uit die hande van haar ma, Angeline, by die skool gegryp en deur vier mans in ‘n Toyota Fortuner met verdonkerde ruite ontvoer.  Sy is Dinsdag 3 September in die vroeë oggendure huilend langs die pad by die Shakespeare-Inn in Faraday-boulevard, Vanderbijlpark deur ’n man en vrou gevind.

Volgens voorlopige inligting was dit dieselfde persone wat Amy-Leigh 18 ure vroeër ontvoer het.

Die polisie se brig. Vishnu Naidoo sê die vroue wat gearresteer is,  is 27 en 40 jaar oud onderskeidelik.

Die verdagtes sal vandag  voor die hof in Vanderbijlpark te verskyn.

Die polisie soek na nog verdagtes wat ook by die ontvoering betrokke was en kan nog arrestasies volg.

 

.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button