NewsNews

Splinternuwe voorkoms vir dorp se Info-kantoor

Gaan maak 'n draai!

Die Parys Info-kantoor in Waterstraat, wat nou ‘n splinternuwe voorkoms het, sal vanaand 4 September amptelik sy deure open wanneer die maandelike Parys Business Netword byeenkoms by die kantoor gehou sal word.
Van die opwindende veranderings wat jy sal kan sien is ‘n sogenaamde “pop-up shop” binne die kantoor waar entrepreneurs of selfs nuwe en bestaande sakelui ‘n projek, produk of inisiatief vinnig en maklik aan besoekers aan die dorp kan bekendstel. Die fasiliteit kan op ‘n daaglikse, weeklikse of maandelikse basis gehuur word.
Vir die eerste keer sal daar ook ‘n kalendermuur wees met dit waarna jy kan uitsien in en om Parys.
In die oopplan kantoorruimte sal jy ’n kykie kan kry van die besienswaardighede wat hier is vir toeriste, word blootstelling gegee aan produkeienaars, en kan jy ’n kleurvolle, volledig opgedateerde straatkaart, asook visuele voorstelling van die Vredefort Koepel sien.
Die Info-kantoor is oop Maandae tot Vrydae van 09:00 tot 16:30 en op Saterdae van 09:00 tot 12:00.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button