NewsNews

Fortuner nie in Parys gekry nie

Polisie vra publiek om nie verkeerde inligting te versprei nie.

2 September 

VANDERBIJLPARK. –Na aanleiding van die bevestigde voorval waarin die 6-jarige Amy-Lee de Jager vanoggend deur 4 mans in ‘n Toyota Fortuner ontvoer is by Laerskool Kollegepark in Vanderbijlpark, het die polisie die publiek gemaan om baie versigtig te wees om nie inligting wat nie geverifieer is nie, op groepe te versprei nie.

Sedert die voorval vanoggend is die nuus wyd op sosiale media, en ook op WhatsApp groepe versprei.

In van die boodskappe word onder meer gesê dat die voertuig in Parys gekry is en dat die dogtertjie gevind is.

Die inligting is onwaar. Die dogtertjie en voertuig is steeds soek.

 

Inligting wat tans beskikbaar en bevestig is, is as volg.

4  mans betrokke

Wit Toyota Fortuner met getinte ruite.

Registrasie van voertuig onbekend.

Rigting moontlik R59, R82 of R42. – (Nie bevestig)

WEES ASSEBLIEF OP DIE UITKYK!!!

KONTAK JOU NAASTE POLISIESTASIE INDIEN DIE VOERTUIG OF DIE MEISIE GEWAAR WORD.

Die foto van die voertuig is verkry van CCTV Beeldmateriaal van die wit Toyota Fortuner wat moontlik by die ontvoering betrokke was.
Amy-Lee is ‘n graad R leerder van Laerskool Kollegepark.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button