NewsNews

Misdaad is ‘n realiteit

Dit is wat jy moet weet

As deel van ’n bewusmakingsaksie deur die SAPD en GPF, het a.o. Jan le Roux  Sondag met gemeentelede van die NG gemeente Parys-Oos gesels.
A.o. Le Roux het gesê dat diefstal steeds kommerwekkend hoog in die dorp is, asook diefstal by wonings en besighede. Wat wel verblydend is, is dat daar nie veediefstalsake sover vir die maand by die Parys SAPD gerapporteer is nie.
Daar was wel weer twee voertuigdiefstalle die afgelope week by Parys Auctioneers en President Krugerweg onderskeidelik.
A.O. Jan le Roux het in sy boodskap ook spesifiek met die kinders gepraat en gewys op die gevaar en erns van dwelmmisbruik, ook hier in Parys.
Hy het gewaarsku teen toenemende gevalle van internet- en kaartbedrog en beklemtoon dat hierdie misdadigers baie moeilik vasgetrek word, omdat hulle vals kontakbesonderhede gebruik, en bankrekenings onmiddellik sluit nadat die niksvermoedende slagoffer geld oorbetaal het.
Hy het gesê dat hoewel die getal polisielede sedert 1990 hier in Parys drasties afgeneem het, asook die beskikbaarheid van polisievoertuie, daar altyd gepoog word om diensbaar te wees aan die publiek. Hy het gevra dat mense sou hul nie gelukkig wees met die polisie se dienslewering nie, dit by die stasiekommissaris self rapporteer.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button