NewsNews

Sien jou by die Hoopfees dié naweek

Kom kuier saam Saterdag.

Of dit ou goeters, huisgoeters, speelgoeters, kombuisgoeters, sitgoeters, lêgoeters of enige ander goeters is wat soos wit olifante in jou huis rondstaan.
Bring dit Saterdag 31 Augustus tussen 08:00 en 10:00 na die Hoopfees wat op die Parys Primêre skool se sportgronde gehou word, want vanjaar wil die feesorganiseerders die platform bied sodat hulle wat minder het, die geleentheid sal hê om dié items te kom haal wat hulle nodig het.


Komaan – jy kan help en terselfdertyd sommer ontslae raak van al jou rondstaan goed. Boonop is dit ’n dag waar jy weer kan kom asem skep en hoop kry in ’n wêreld waar daar vandag maklik moed en perspektief verloor word.
Kom luister na Clarice & die Reënboogkidz om 10:30, Danie Botha om 11:45, Ernie Amos om 13:00, Maryna Holtzhausen om 14:15, Erich Posthumus om 15:30, Ernie Amos om 16:45 en Dewald Gouws om 18:00. Hekke open om 10:00 en toegang is gratis. Nie-bederfbare blikkies kos sal by die ingang ingesamel word. Daar sal ook verskeie uitstallers en vermaak vir die kinders wees. soos “go carts”, “Paintball”, ’n “Shooting tunnel”, 4-man bungee trampoline en “Rocket Parachute”.
Kom kuier saam Saterdag.

Related Articles

Back to top button