News

Stopteken beland paal en al in die bed

Twee mans het Dinsdagaand ‘n stopteken met paal en al in ‘n woonstel in gedra.

Volgens ‘n verklaring va ndie Cachetpark CID het die kameramoniteerders van Mooirivier Beskerming opgemerk dat die twee mans die stopteken dra. Reaksie is ontbied wat die twee voorgekeer het. Aanvanklik het hulle enige kennis van dié stopteken ontken maar later is die stopteken in ‘n bed onder komberse binne in een van die kamers gevind.

“Daar is ooreengekom dat die kompleksbestuurder die saak verder hanteer, nadat die inwoners die stopteken opnuut gaan plant het,” het Prof. Fika Janse van Rensburg, HOB van die Cachetpark CID in ‘n verklaring gesê.

Volgens Janse van Rensburg is die oortreding nie slegs onskuldige pret nie.

“Die verwydering van ‘n verkeersteken is egter ‘n strafbare wetsoortreding. ‘n Ernstige motorongeluk kan veroorsaak word deur sulke dade. Daarom – lós verkeerstekens! Brig Kiewiet van Zyl moes al oor die 20 stoptekens opnuut aankoop en plant. Ons wil nie geld en tyd hieraan bestee nie, Bult-gangers! Help dat ons hierdie gedrag uitroei,” het Janse van Rensburg gesê.

stopstraat, stop teken, Cachetpark CID

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button