News

Nasionale Gesondheidsversekering slegte medisyne vir finansiële mark

Dit is tans ‘n moeilike tyd in wêreldmarkte, en selfs meer vir Suid-Afrikaanse batepryse.

Dit is tans ‘n moeilike tyd in wêreldmarkte, en selfs meer vir Suid-Afrikaanse batepryse. Wêreldwye onsekerheid en plaaslike probleme het die Rand, aandele, en staatseffekte onderdruk. Ondanks die feit dat die fiskale posisie Suid-Afrika se swakheid is, het opbrengste op staatseffekte die aandelemark met amper 5% vir die maand, tot op hede oorskry. Wat dit nog vreemder maak, is dat die implementering van Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) die staatskuld sal verhoog, wat eintlik vir die effektemark negatief moet wees.
Oor die afgelope paar weke het menige betroubare joernaalprogramme kundiges en politici uitgevra oor wat die implementering van die NGV-wetsontwerp vir Suid-Afrika sal beteken. Wees verseker, meeste van ons stem saam met die beginsel van universele gesondheidsdekking, aangesien ‘n gesonde bevolking ‘n gesonde arbeidsmag beteken, en dat ‘n gesonde arbeidsmag hoër produktiwiteit sal ondersteun. Maar soos gewoonlik is die besonderhede belangrik.
Net soos onderwys, is die probleem nie noodwendig die hoeveelheid geld wat aan gesondheidsorg bestee word nie, maar eerder die kwaliteit wat die mense in ruil daarvoor kry. Ons wil almal ons finansiële insette optimaliseer.
Tog is daar ‘n groot risiko dat die NGV ‘n enorme las op Suid-Afrika sal wees weens hoër belasting, oneffektiewe besteding, plundering en emmigrasie, veral van mense met die nodige mediese vaardighede en kennis.
Met hierdie kombinasie kan die land maklik in die intensiewesorgeenheid beland.
Die positiewe kant van die huidige milieu is dat soos die opbrengs op Amerikaanse staatseffekte daal, die Suid Afrikaanse opbrengs van meer as 9% aantreklik lyk.
Dit beteken dat die regering voorlopig sal finansier wat dit moet, terwyl die aandelemark nou ook goedkoop vertoon. Moenie die waarde van waarde onderskat nie. Om aanpasbaar te wees in die huidige dinamiese beleggingsomgewing is net die regte medisyne om beter te presteer.
Dit is juis weens die geweldige druk op wêreldmarkte en Suid-Afrikaanse batepryse dat Jenwil jaarliks die Welvaartkongres in Potchefstroom aanbied. Kom luister gerus na top kenners op die gebied op Donderdagaand, 19 September, by The Roots. Alhoewel die geleentheid gratis is, is besprekings voor 12 September noodsaaklik. Bespreek gerus u sitplek of rig navrae by potch@jenwil.co.za of kontak Susan by 082 048 6309. Die glansgeleentheid word aangebied in samewerking met Potchefstroom Herald en The Roots ten bate van Vessels of Mercy, ‘n nie-winsgewende organisasie in Potchefstroom wat streef om kinders en babas wat in die pleegsorgproses ingaan, by te staan en te ondersteun.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button