NewsNews

Jou bloed kan ander help

Jy kan skenk in Parys en Vredefort

 

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) nooi die gemeenskap van Vredefort om bloed te skenk op Maandag 2 September 2019 by die Biblioteek in Vredefort vanaf 10:00 – 14:00.

Die doelwit vir die dag is om 25 eenhede bloed en meer in te samel.

Skenk bloed in Parys op Dinsdag 10 September 2019 by die Hervormde Kerksaal vanaf 13:00 – 19:00. Help SANBS om 100 eenhede bloed en meer in te samel.

September is tradisioneel ʼn moeilike tydperk vir SANBS, weens die rekord-eksamens. Daar is dikwels nie genoeg bloedskenkklinieke by maatskappye om die gapings van die afwesigheid van bloedskenkklinieke by skole en tersiêre instellings te vul nie.

Die behoefte aan bloed neem ongelukkig nie af nie, en pasiënte benodig steeds ongeveer 3 000 eenhede bloed per dag. Vir elke dag wat hierdie doelwit nie bereik word nie, word die beskikbare voorraad uitgeput.

Om ʼn bloedskenker te word moet jy:

· Tussen die ouderdom van 16-75 wees

· Meer as 50kg weeg

· Iets voor jou skenking eet

· ʼn Veilige seksuele leefstyl lei

· Gesond wees op die dag van skenking

Alle bloedgroepe is baie belangrik vir ons, maar ons het spesifiek Groep O negatief nodig omdat hierdie bloedgroep verenigbaar is met al die ander bloedgroepe en is dus baie spesiaal vir ons en diegene wat ‘n dringende behoefte aan bloed het.

Help om ʼn bloedtekort te voorkom deur bloedskenking te ondersteun.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button