News

Bulteriër-skou by DP

Bulteriër-skou by DP

SASOLBURG. – Die Noord-Vrystaatse Bulterriërklub bied op 14 September om 09:00 met trots die September Kampioenskapskou by die DP de Villiers-stadion aan.
Die nie-winsgewende klub is in 1987 gestig en bied jaarliks twee kampioenskapskoue in Sasolburg aan. Die grootste doelwit van die klub is om kwaliteit-honde te teel en te skou, maar nog meer belangrik om die publiek meer oor hierdie besonderse honderas te leer.
Die Noord-Vrystaatse Bulterriërklub is bekend daarvoor dat hulle van die beste en vriendelikste skoue in die land hou. Die hele familie is welkom.
Die beste honde in die land gaan by hierdie skou te sien wees en die beoordelaar is een van die beste in Suid-Afrika. Brig.genl. Nico de Preez beoordeel reeds sedert 1992 Bulterriërskoue. Hy het in 1994 die eer as Spesialis en ROM Beoordeelaar te beurt geval.
Die skoudag sal met ‘n kampioenskapskou begin en word deur die Raymond Oppenheimerskou gevolg.
Die Raymond Oppenheimerskou is ‘n spesiale skou waar die land se Bulterriërklubs teen mekaar deelneem om die beste klub te kies.
Na afloop van die skoue sal daar ‘n heerlike spitbraai wees. Almal is welkom. Skakel gerus vir Etienne Putter by 066 470 3398 om u plek te bespreek. Volg ook die klub op Facebook by “nfs bull terrier” of stuur ‘n e-pos aan nfsbullterrierclub@gmail.com

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button