News

ALFA-ekspo: Verskeidenheid in die veebedryf hier te sien

Hier sal gefokus word op meer effektiewe veeproduksie, jeug in landbou, veehandel en sosiale interaksie.

Die plaaslike veebedryf is sonder twyfel een van die grootste segmente van die Suid-Afrikaanse landboubedryf. Boonop is dit die oudste én een van die mees winsgewende sektore in landbou.
As jy dié bedryf in al sy fasette wil sien, is die 2019 ALFA-ekspo sonder twyfel iets wat jy nie wil misloop nie.
Die ekspo word van Dinsdag 17 tot Donderdag 19 September by die AfriDome in Parys gehou.
Hier sal gefokus word op meer effektiewe veeproduksie, jeug in landbou, veehandel en sosiale interaksie.
Geleenthede soos dié bied die geleentheid vir die uitruil van kennis, skep ’n platform vir die oordrag van tegnologie en vorm ’n handelsplatform om die verskaffer en koper bymekaar te bring.
Verskeie veekompetisies sal ook by ALFA 2019 aangebied word en sluit spesies in wat deur die Diereverbeteringswet, 1998 (Wet 62 van 1998) gedek word soos, onder andere, vleis- en melkbeeste, vleis- en wolskape, melk- en vleisbokke, varke en braaikuikens.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button