NewsNews

Voëlklublede kry ’n kykie na die ervarings en voëlskat van die Wildtuin

Voëlklublede kry ’n kykie na die ervarings en voëlskat van die Wildtuin

Feathers-voëlklublede kuier weer saam op Donderdag, 29 Augustus om 18:30 by die Sally Martin Park saal. Almal wat belangstel in ons voëlbevolking, is welkom om die geleentheid by te woon.
Sanita Kemp, wat gereeld ‘n draai in die wildtuin maak, sal kom vertel van haar onlangse ervarings daar, en ook haar foto’s kom deel. Mense wat voëls kyk, sien gewoonlik ook die ander wonders in die natuur raak en dit is deel van die lekker daarvan om ‘n voëlkyker te wees.
Tydens die September-vergadering is daar ‘n spreker van buite die klub wat oor naaldekokers sal gesels.
As jy meer oor die aasvoëls in Suid-Afrika wil hoor, kom luister tydens die Oktober-vergadering van die klub as Jan Fourie oor hierdie interessante voëlspesie praat.
Die klub se volgende uitstappie is op Saterdag, 31 Augustus wanneer die Vaal de Grace Gholflandgoed besoek word. Mense wat belangstel om saam te gaan, vertrek om 07:00 vanaf die Pick n Pay parkeerterrein. Bring net jou piekniekmandjie, verkyker, ‘n stoel en voëlboek saam.
Vir meer inligting oor Feathers, skakel Hansie Bekker by (056) 811 4754 of 082 820 4306, of Peter Killian by 083 625 8100.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button