NewsNews

Vyf beseer na motor rol

Plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoek.

Vyf mense is beseer na hul motor vanoggend (20 Augustus) op die R54 snelweg tussen Potchefstroom en Fochville omgekeer het.

Volgens Russel Meiring, ER24 woordvoerder, het paramedici omstreeks 07:40 by die toneel gekom waar ‘n motor op sy sy langs die pad gelê het. Die motor het glo verskeie keer omgekeer voor dit tot stilstand gekom het.

Drie mans en twee vroue het buite die motor gesit. Al vyf het ligte tot matige beserings opgedoen. Hulle is op die toneel behandel waarna hulle na Potchefstroom hospitaal vir verdere behandeling geneem is.

Plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoek.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button