NewsNews

Gelykheidshof beslis swaai van ou vlag is haatspraak

Adjunkregterpresident Phineas Mojapelo het vandag in die gelykheidshof beslis dat die swaai van die ou Suid Afrikaanse vlag haatspraak is

Netwerk24 berig dat adjunkregterpresident Phineas Mojapelo vandag (21 Augustus) in die gelykheidshof beslis het dat mense wat die ou Suid-Afrikaanse vlag swaai en uitstal ‘n duidelik bedoeling het om seer te maak en dit bevorder en hits geweld teen swartmense aan ingevolge die gelykheidswet. 

Die Nelson Mandela stigting het buite die hof verduidelik dat die vlag steeds in musuems (historiese konteks), akademiese, joernalistieke en artistieke kontekste aangewend mag word. 

Dit mag ook in die privaatheid van iemand se huis hang waar dit niemand dit kan sien wat moontlik aanstoot gaan neem nie. 

Daar is verduidelik dat ‘n huiswerker moontlik kan aanstoot neem. 

Related Articles

Back to top button