NewsNews

‘Cupcake Drive’ vir Madelein

Daar is ook verskeie projekte en optredes as deel van die fondsinsameling geloods.

VANDERBIJLPARK. – Madelein Carelse (42) wat weens weefselvretende bakterieë om haar lewe moes veg en wat steeds ‘n lang pad na herstel in die gesig staar, is vir eers uit die hospitaal ontslaan en sterk tans tuis aan.
Madelein se nagmerrie het op 11 Junie begin toe haar gesig aan die een kant weens ‘n abses begin swel het. Die voorgeskrewe antibiotika het nie gehelp nie en die volgende dag was daar drie swart kolletjies op haar gesig.
Teen die volgende dag was die hele geswelde deel swart en het Madelein gesukkel om asem te haal. Sy moes ‘n noodoperasie in die Sebokeng-hospitaal ondergaan.
Tydens die operasie is van die vleis aan haar kakebeen en nek weggesny in ‘n poging om te verhoed dat die bakterieë verder versprei. Die skade aan haar gesig is van so ‘n aard dat sy spesialis-behandeling moes kry. Ongelukkig het Madelein nie ‘n mediese fonds nie. Haar man Jacques en haar beste vriendin, Charlotte Rossouw, het egter in samewerking met verskeie weldoeners uit die gemeenskap vir haar ‘n spesiale fonds gestig.
Daar is ook verskeie projekte en optredes as deel van die fondsinsameling geloods.
Danksy die fondse kon Madelein spesialis-behandeling in die Midvaal-hospitaal in Vereeniging kry. Sy is onlangs ontslaan en sterk nou tuis aan om kostes te bespaar. Sy is aan ‘n Vac gekoppel (die Vac maak weefsel). Madelein moet nou geduldig wag tot die been toegroei voordat sy ‘n veloorplanting kan kry. Sy besoek twee keer per week die hospitaal vir wondbehandeling, en die dokter is tevrede met haar vordering.
Daar word steeds fondse benodig vir al die mediese kostes. Inwoners wat graag ‘n bydrae wil maak, kan enige van die projekte ondersteun:
Sleutelhouer @ R30
Ocean Basket-lootjie @ R10
Cupcake Drive @ R10
Vir enige van die projekte kontak asb. vir Tanya by 082 726 8460, Charmaine by 072 768 8582 of Erika by 072 777 2861. Dit sal hoog op prys gestel word.
* Indien daar instansies of mense is wat direk tot die fonds wil bydra, die bankbesonderhede is:
We care for you club
ABSA – Vaalmall
Rek – 9351 495630
Takkode – 632005
Verwysing – Madelein

Related Articles

Back to top button