NewsNews

Verlamde hond speel weer saam

'n Jong seun wat weier om moed op te gee, 'n ma wat haar kind ondersteun en 'n ingenieursstudent wat wil help, dit alles het bygedra daartoe dat 'n verlamde hond 'n tweede kans gekry het.

‘n Jong seun wat weier om moed op te gee, ‘n ma wat haar kind ondersteun en ‘n ingenieursstudent wat wil help, dit alles het bygedra daartoe dat  ‘n verlamde hond ‘n tweede kans gekry het.

Snippie, die sesjarige Whippet, wat deur ’n kar raakgery is en verlam is, kan nou weer saam met haar mense speel.

Eers was daar groot hartseer oor die ongeluk wat Snippie getref het.

Volgens Carien Swart, Snippie se eienaar, het sy kort na Snippie se ongeluk ’n inskrywing op Facebook gemaak sodat die mense wat vir Snippie raakgery en toe weggery het, kon sien wat hulle dade aan haar seun Hanco (10) en sy beste maatjie gedoen het.
Die hartseer was amper dadelik deur blydskap vervang nadat,  GJ Stols, ‘n finalejaar-student in meganiese ingenieurswese, op die Facebook inskrywing aangebied het om vir Snippie ’n volwaardige tweede kans te gee. “Hy het regtig ’n hart van goud, hy het aangebied om vir Snippie ’n waentjie te bou sodat sy makliker kan loop,” vertel Carien.
Volgens Stols het hy net gevoel dat hy moes help.
“Ek het ’n groot passie vir diere. So dit was vir my ’n voorreg om te help.” Stols het aan die werk gespring en dadelik die waentjie begin ontwerp.
Tussen sy normale klas, opdragte en toetse deur, het Stols op sy eie tyd aan die waentjie gewerk. Nadat al die verstellings gedoen is, het hy dit op 3 Augustus aan die familie oorhandig.

 

Related Articles

Back to top button