NewsNews

Moenie Saterdag se All Things Adventure Ekspo misloop nie

Kom vroeg en loop deur die stalletjies, kyk na die avontuur-aktiwiteite en luister na talle musiekkunstenaars wat vroeg die middag begin optree - en moenie die lekker kos mis nie!

Die All Things Adventure Ekspo wat Saterdag 24 Augustus by Stonehenge naby Parys langs die Vaalrivier gehou word, is groter as ooit. Byna 80 uitstallers en talle musiekkunstenaars is vanjaar deel van die Ekspo.
Kom kyk na die nuutste voertuie van talle motorhandelaars, woonwaens en tente, sleepwaentjies, stalletjies van buitelewe-toerusting, messe, kayakke, braaiers, ‘n groot kunsmark, ‘n aanbieding van verskeie soorte wyne, craft-bier en -gin en talle kosstalletjies.
Kom vroeg en loop deur die stalletjies, kyk na die avontuur-aktiwiteite en luister na talle musiekkunstenaars wat vroeg die middag begin optree – en moenie die lekker kos mis nie!
Ray Dylan is die hoof musiekkunstenaar. Van die ander is Heidi, Juani M, Loggie, Elzé, Riek van Finn, Marne Prinsloo en Truter!


Nuwighede by vanjaar se aktiwiteite is ’n bergfietswedren, die Badger-hinderniswedren, ’n kayak-resies op die Vaalrivier en ’n reuse kinderspeelpark.
Die bekende avontuur-motorfiets vaardigheidskompetisie, gewilde 4×4-baan, Kids Warrior Race, witwaterroei en vlieghengel-demonstrasie is oudergewoonte weer deel van die pret en beloof vanjaar nog gewilder te wees om na te kom kyk of self deel te neem.
All Things Adventure Ekspo is dié plek vir uitstallers om mense wat lief is vir avontuur en die buitelewe te bereik. Skakel Antoinette Badenhorst by (018) 293 0750 vir uitstalruimte of e-pos Antoinette.Badenhorst@mooivaalmedia.co.za


Die hekke maak 08:00 oop. Toegang is R70 vir volwassenes, R30 vir kinders 6 – 12 en pensionarisse R40.
Navrae of besprekings:
• Avontuur motorfietskompetisie: Tertius by 082 575 3441
• Die 4×4 baan: Klippies by 084 653 0211
• Die Badger Race en Kids Warrior Race: Willem by
073 898 3241 of gaan na https://www.facebook.com/
crossperityfitness
• Kayak-kompetisie: Charl by 073 635 4901
• Bergfiets-wedren: Ben van der Merwe by 082 322 5536.
• All Things Adventure Ekpo word deur MooiVaal Media
en Stonehenge aangebied.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button