NewsNews

Dankie vir sulke harde werk

Danksy lang ure en baie harde werk van Peter Mqaisa en sy span van Twin Brothers Construction is die kruisings by Loop- en Waterstraat en Water- en Buitenstraat in Parys Vrydagaand 16 Augustus weer oopgestel vir verkeer. Die kruisings sal vandag Saterdag 17 Augustus weer toegemaak word om te teer maar sal laatmiddag dan na …

Danksy lang ure en baie harde werk van Peter Mqaisa en sy span van Twin Brothers Construction is die kruisings by Loop- en Waterstraat en Water- en Buitenstraat in Parys Vrydagaand 16 Augustus weer oopgestel vir verkeer.

Die kruisings sal vandag Saterdag 17 Augustus weer toegemaak word om te teer maar sal laatmiddag dan na verwagting weer finaal oopgestel word vir verkeer.

Dit nadat Peter en sy span sedert Dinsdag onsverpoosd gewerk het om die pyplek te herstel en die sloot weer toe te maak wat die Ngwathe munisipaliteit in 2 weke nie kon doen nie en veroorsaak het dat sakelui derduisende se verliese gehad het as gevolg van die sluiting van die kruisings.

Ngwathe se versuim om onmiddellike en behoorlike aandag aan die probleem te gee het ook die afgelope twee weke gesorg vir absolute verkeerschaos met talle swaar voertuie in Pbilipstraat.

N Fietsryer het onder meer Dinsdag gesterf na n botsing met n vragmotor in Philipstraat.

Baie dankie aan Peter en sy span vir hul harde werk en erns waarmee hulle die projek hanteer het en die gereelde terugvoer oor die vordering. Parys sĂȘ dankie vir sulke knap werk.

Related Articles

Back to top button