CommunityNews

“Tronk” toe vir goeie doel

Weet dat elke bydrae ’n verskil in die gemeenskap maak.

Dit was boete, betaal of boei, en aan die einde van die dag groot pret. Dit alles ten bate van hulle wat minder het.
Vrystaat Versorging in Aksie (VVA) se jaarlikse Boete, Betaal of Boei-fondsinsameling, is op Saterdag 3 Augustus by AB’s Pub gehou.
Die “lasbriewe” is in Julie bedien, en kon die aangeklaagdes vrywillig hul “boete bydrae” vir VVA gee om te help voorsien in die nood van hulle wat minder het.
Vir dié wat laat geslaap het met die boete betaal, het die “boeie” gewag en moes daar opgedok word om agter die tralies uit te kom.
Van die gevangenes het ure agter tralies deurgebring om die borggeld darem ’n stewige hupstootjie te gee, want sien – die regter het geen genade gehad met boetes van tot R4 000 wat opgelê is.
Staatsaanklaer Christelle Fouché en regter Anne-Marie du Toit was op die regsbank, terwyl Celeste en Gerhard, en kapt. Susan du Preez van Parys SAPD, die arrestasies uitgevoer het.


VVA sê dankie aan elkeen wat met ’n mooi gesindheid en oop hand hierdie fondsinsameling ondersteun het, en boonop gesorg het vir ure se lekker lag en saamkuier.
Weet dat elke bydrae ’n verskil in die gemeenskap maak.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button