NewsNews

DBV kom tot perde se redding

Dankie aan die SAPD, die DBV-komitee, en alle ander weldoeners wat die DBV ondersteun het om onmiddellik die perde te kon help.

DBV-personeel van Parys moes die afgelope naweek weer tot die redding kom van twee perde nadat die polisie Saterdagmiddag ’n klag ontvang het van die perde wat met kettings om hul nekke vasgemaak staan sonder kos of water.
DBV-inspekteur Maggie Singh het die perde by Wildehondekop gekry. Dit was duidelik dat die perde gery is, hoewel hulle nog te jonk was, sê sy. Danksy weldoeners het die perde dadelik veeartsbehandeling kon kry vir hul beserings, en het weldoeners ingespring om vir die perde kos en water te gee.
Die perde is na die DBV-perseel geneem waar hulle vir minstens nog ‘n week behandel sal moet word.
’n Man en vrou wat die eienaars van die perde is, het na vore gekom en was self besorg toe hulle die toestand van die perde sien, sê sy. Dit blyk dat hulle mense gevra het om na die perde te kyk.
Die DBV het die afgelope tyd met soortgelyke gevalle te doene gekry wat ernstige kommer wek.

Al die DBV-komiteelede het onmiddellik die SAPD bygestaan om hulp aan die perde te verleen Foto: Verskaf.


Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button