NewsNews

Watergat-chaos word al groter

Waterstraat word watergat

En terwyl die sloot wat twee weke gelede deur die Ngwathe munisipaliteit regoor die pad by die kruising van Water- en Buitenstraat gegrou is om ‘n pyplek te herstel,  vandag vol water is, word die verkeerschaos in Buiten- en Philipstrate net al erger.

Vanoggend (Dinsdag 13 Augustus) het ‘n vragmotor reg by die kruising van Loop- en Philipstraat gebreek. Teen 11:00 het die vragmotor steeds in die pad gestaan met ander verkeer en swaar vragmotors wat hier moet verby skuur. Maandagmiddag 12 Augustus het die chaos as gevolg van die sluiting van die kruisings van Loop- en Waterstraat en Water- en Buitenstraat, alreeds daartoe gelei dat ‘n geparkeerde voertuig deur ‘n vragmotor gestamp is. Gelukkig met geen beserings.

En intussen bly die sloot oop en lek dit steeds hier waar munisipale werkers twee weke lank gewerk het.

Met geen borde wat tot gister toe nog alternatiewe roetes vir verkeer aangedui het nie, het al die swaar verkeer wat daagliks deur hierdie kruisings beweeg het, in Philipstraat en Buitenstraat beland wat nie die verkeer kan dra nie. Buintenstraat se teervlak was reeds voor die sluiting van die kruisings in ‘n baie slegte toestand met talle slaggate.

En steeds is daar geen aanduiding van die munispaliteit wat gedoen gaan word aan die chaos nie.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button