News

Verkeerschaos: Fietsryer sterf

So tragies

N Fietsryer het vanmiddag net na 13:00 in Philipstraat gesterf na n botsing met n vragmotor.

Dit te midde van absolute verkeerschaos in Philipstraat met talle swaar voertuie wat hier verby mekaar en geparkeerde voertuie moes skuur as gevolg van die sluiting van die Water- en Buitenstraat kruising en die Loop- en Waterstraat kruising.

Talle swaar voertuie beweeg daagliks deur Parys omdat die R59 deur die dorp loop en die alternatiewe roete vir die N1 is.

Die kruisings is 2 weke gelede al deur die munisipaliteit gesluit om n waterlek te herstel. Vandag was daar steeds water in die gat.

Tot Maandagoggend was daar ook geen behoorlike borde om verkeer te herlei via Loopstraat nie en het swaar voertuie gesukkel om hul draai in Philipstraat te kry, of in die reeds voos geryde teervlak van Buitenstraat.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button