NewsNews

Hoër elektrisiteitsverhoging gaan moet kom om die boeke te balanseer

Die sluitingsdatum vir die voorstelle is reeds 14 Augustus 2019.

Dit wil lyk asof Ngwathe inwoners tog bes moontlik die elektrisiteits tariefverhoging van 13,06% sal moet betaal in weerwil van die aanvanklike verhoging van 8,41% waarvoor die munisipaliteit aanvanklik begroot het.
Dit nadat die elektrisiteitreguleerder Nersa, sy riglynverhogings vir munisipaliteite vir vanjaar heeltemal té laat gepubliseer het.
Volgens amptenare was die aanvanklike voorstel vir Eskom 9,41%, maar is dit later vasgestel op 15,63%, sê Vryheidsfront Plus raadslid, Phillip van der Merwe.
Op sterkte van die verhoging wat Eskom gekry het, het NERSA toe vir munisipaliteite 13,06% toegestaan, maar eers op 27 Mei toe die begroting vir Ngwathe reeds gefinaliseer was.
Die munisipale begroting moet teen 31 Mei afgehandel wees.
Amptenary se somme dui daarop dat die Eskom verhoging nie geakkomodeer kan word indien Ngwathe se tariewe slegs met 8,41% verhoog word, soos aanvanklik voor begroot was nie, en is daarom aanbveveel dat die tariewe met 13,06% aangepas word. Omdat die tarief nie tydens die openbare deelname proses aan inwoners voorgehou was nie, moes dit toe weer aan ‘n openbare deelname proses onderwerp word en het die Ngwathe munisipaliteit ’n kennisgewing in Parys Gazette geplaas op 1 Augustus, waarin mense se voorstelle en kommentaar vir die 2019/2020 elektrisiteitsverhoging van 13,06% gevra is. Die sluitingsdatum vir die voorstelle  is 14 Augustus 2019.
Wat nou moet gebeur is dat die Raad spoedig enige insette van inwoners moet oorweeg en dan ‘n finale besluit moet neem. Prakties lyk dit egter of die verhoging van 13,06% wel gaan moet realiseer om die boeke te laat balanseer, sê rdl. Van der Merwe.
Die 13,06% verhoging in stede van die gepubliseerde 8,41% elektrisiteitsverhoging is deur inwoners opgetel op hul voorafbetaal kragverkope strokies en het Gazette begin ondersoek instel na waarom die verhoging hoër is as wat vroeër aangekondig is. Dit het aanleiding gegee daartoe dat die Raad die situasie dringend in oënskou moes neem.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button