NewsNews

Mode, koop en kuierbederf vir Vrouedag

Bederf jouself en kom vier vrouwees op Vrydag 9 Augustus in Parys.

Watter lekkerder bederf as laatnag inkopies met lekker musiek in ’n helderverligte hoofstraat van Parys, en liggies in die winkelsentrums wat jou naderwink. Dit alles om Vrouedag te vier op Vrydag 9 Augustus.
Bring jou inkopiesak, trek jou tekkies aan en kom kyk watter winkels se deure is laataand oop.
Op die koop toe is selfs die Grafsteensangers op Saterdag 10 Augustus by Parys Golf & Country Estate.
Maak ook seker jy is op hoogte van die nuutste modegiere wanneer daar modeparade gehou word op Vrydag 9 Augustus vanaf 14:00 by die kleurvolle Container Park op die h/v St Jan- en Breëstraat.
Celebrating Women bied jou skeppings van verskeie ontwerpers waaronder Mamello Sports Wear, Pinkie Weddings dresses, aanddrag van ontwerper Werner Dey, Buhle se tradisionele drag, gemaklike drag van Miladys, en Sonette Recycle and Upcycle Denim se kreatiewe skeppings.
Hoewel die modevertoning gratis is, kan jy kaartjies koop vir die sop-en-sjerrie na die tyd. Kaartjies kos R120 per persoon of R200 per paar. Skakel 079 167 9169, of Pinkie by 060 6098 438 vir meer inligting en kaartjies.
Bederf jouself en kom vier vrouwees op Vrydag 9 Augustus in Parys.
Die projek is ’n inisiatief van ’n groep sakevroue van Parys, We do Deals on Heels.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button