NewsNews

Afslag-sperdatum kom nader vir pensioenarisse

Afslag-sperdatum kom nader vir pensioenarisse

Pensioenarisse wat kwalifiseer vir kortings op erfbelasting vir die nuwe munisipale belastingjaar wat op 1 Julie begin het, moet onthou dat aansoeke vir die afslag skriftelik voor 31 Augustus vanjaar gedoen moet word.
Om te kwalifiseer moet die applikant die eienaar van die eiendom wees en dit self bewoon, ouer wees as 60 jaar of ‘n ongeskiktheidspensioen ontvang, en nie die eienaar wees van meer as een eiendom nie.
Die inkomste van die huishouding (d.w.s. applikant en gade) moet minder as
R7 500 per maand beloop. Kortings word as volg bereken: Op ‘n inkomste van R0 tot R4 040 per maand 100%; op ‘n inkomste van
R4 041 tot R4 460 per maand 60%; op ‘n inkomste van R4 461 tot R6 950 per maand 30%, en op ‘n inkomste van R6 951 tot R7 500 per maand 15%. Aansoekvorms vir die korting is nou by die Parys Gazette se kantoor in Waterstraat beskikbaar. Pensioenarisse wat hulp met die invul van die aansoekvorms benodig, is welkom om rdl. Van der Merwe by 058 852 2041 te skakel. Applikante moet verkieslik ‘n afskrif van die aansoek maak en vra dat die munisipaliteit ‘n datumstempel op die afskrif aanbring wanneer die aansoek ingedien word.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button