NewsNews

Vrouedag met modeparade gevier

Vrouedag met modeparade gevier

Watter beter manier om die styl en grasie van vrouwees te vier as met ’n modeparade op Vrouedag, 9 Augustus.
Die modeparade sal uitrustings van Mamello Sports Wear, Pinkie Wedding Dresses, aanddrag deur Werner Dey, tradisionele drag deur Buhle, gemaklike drag van Miladys asook skeppings van Sonette Recycle & Upcycle Denim op die loopplank hê.
Kom kyk gerus by Parys SMME Hub op die h/v St Jan- en Breëstraat vanaf 15:30 op 9 Augustus.
Die modeparade vorm deel van die inisiatief van ’n groep sakevroue van Parys bekend as ‘We do Deals on Heels’, waarmee hulle op 9 & 10 Augustus die dorp aan die woel sal hê met ’n aandmark in die hoofstraat van Parys waar daar laatnag inkopies gedoen kan word met vure en liggies wat gesellig sal brand, en straatmusikante wat sal sorg vir ’n feestelike atmosfeer.
Dan is daar ook nog die Grafsteensangers wat Saterdag 10 Augustus by die Parys Golf & Country Estate sal wees.
Bywoning van die modeparade is gratis maar as jy wil bespreek vir die Sop-en-Sjerrie geleentheid na die modeparade, kry betyds jou kaartjie teen R120 per persoon of R200 vir ’n paartjie. Skakel so gou moontlik vir Pinkie Moseme by 071 352 9464 vir kaartjies, of doen navraag by Postnet of Cherry on Top.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button