NewsNews

Bult nou karwag-vrye area

Die Cachet Park CID, het vandag (24 Julie) in verklaring gesê dat parkering op die Bult nou 'n karwag-vrye area is.

Die Cachet Park CID, het vandag (24 Julie) in verklaring gesê dat parkering op die Bult nou ‘n karwag-vrye area is.

Volgens die verklaring is die 24/7 gewapende reaksie en kringtelevisiekameradekking nou ten volle operasioneel.

“Karwagte – wat betrokke was by baie van die misdadigheid en dwelmverspreiding – het dus geen funksie meer binne die gebeid nie. By al die parkeerareas langs die strate word borde aangebring wat aandui dat die gebied karwag-vry is, en dat geen fooitjies gegee word nie.,” lui die verklaring 

Die besluit is ook aan karwagte gekommunikeer. Bultgangers word aangemoedig om nie verder fooitjies te gee nie.

“Jy en jou voertuig is veilig – daarvoor sorg Mooirivier Beskerming met die kameras, die gekeurde en gesalarieerde sekuriteitswagte, en die gewapende reaksievoertuig. Maandagmiddag het drie kollegas van die Bemarkingspan van Mooirivier Beskerming ons tydens hulle middagete kom help om hierdie kennisgewings aan Bult-parkeerders en kliënte van die Bult-besighede uit te deel,” lui die verklaring.

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button