NewsNews

Kat sterilisasie – nou is die beste tyd

Die tyd van die jaar is die beste tyd vir sterilasie om katgetalle te beperk.

 

Die son het gedraai en dit beteken liefde is in die lug vir katte.

Hetjy geweet dat katte seisoenale telers is en dat katte begin op hitte kom sodra die dae begin langer word?

Dit beteken dat ons katte begin besig raak: mannetjies loop rond op soek na beskikbare wyfies en so
word daar baklei veral onder die mannetjies vir afbakening van hulle gebied. In baie gevalle is
onskuldige katte  (mannetjies en wyfies) slagoffers van die bakleiery.
Wyfiekatte is ook heel anders as teefhonde. Honde kom min of meer elke ses maande op hitte vir
omtrent drie weke. Wyfiekatte kom elke 14-21 dae op hitte tot hulle gedek word.

Dekking stimuleer ovulasie wat na dekking tot swangerskap lei en ‘n einde aan hitte bring. Dit is dus heel moontlik dat
jong katte klaarblyklik glad nie op hitte kom en dragtig word nie; dit gebeur as sy toevallig op die
regte oomblik ‘n mannetjie raakloop wat haar dek en die hitte sommer oor is nog voor ‘n mens
enigiets agtergekom het.

So kom die verrassing dan omtrent twee maande later in die vorm van ‘n werpsel klein katjies.

Dieselfde ma-kat kan alweer dragtig word as haar laaste werpsel maar vier
weke oud is en so kom daar elke paar weke nuwe babas. Hulle kan dan weer op 5 maande reeds
geslagsryp wees met ander woorde reg om hulle eie kleintjies te kry.
Die tyd van die jaar is die beste tyd vir sterilasie om katgetalle te beperk.
Tydens dekking en met die bakleiery word siektes soos virale leukemie en katvigs oorgedra, albei
siektes wat geen genesing het nie en wat volop is in Parys.

Nog ‘n goeie rede om katte te steriliseer.
Mannetjies katte baklei baie,versprei so siektes, ruik na mannetjies kat en urineer (spray) in ‘n
huis – alles goeie redes om hulle te kastreer.
Siektes soos baarmoeder infeksies en melkkierkankers kan deur sterilisasie voorkom word.
In Parys is daar ‘n magdom van rondloper katte wat gereeld teel  en waarvan baie verhonger, siek word
met snuffels of by die DBV  eindig. Tussen Augustus en Januarie is daar altyd ‘n oorvloed van
kleinkatjies wat beslis nie almal base kry nie.
Skakel asb jou veearts vir ‘n afspraak. (Inligting verskaf deur Parys Dierehospitaal)

Related Articles

Back to top button