NewsNews

Motorfietsryer kritiek na botsing teen voertuig

Motorfietsryer kritiek na botsing teen voertuig

VANDERBIJLPARK. – ‘n 50-jarige man is gister Saterdag 20 Julie baie ernstig beseer in ‘n ongeluk met sy motorfiets op die R57 (Goue Hoofweg), oorkant die Shell vulstasie toe hy teen ‘n voertuig gebots het.

Awie van Rooyen (50), was net voor 17:00 in ‘n Noordelike rigting op pad met sy Suzuki Intruder LC toe ‘n vrou met twee passasiers in ‘n Kia Rio RS vanaf die winkel oorkant die Shellvulstasies, voor hom ingedraai het. Die motorfiets het teen die regterkant van die voertuig gebots en Awie is van sy motorfiets afgeslinger waar hy sowat 5m van die motorfiets in die pad bly lê het.

Insleepdienste en ER24 paramediese personeel was vinnig op die toneel en het Awie op die toneel gestabiliseer waar hy veelvuldige beenbreke opgedoen het. Awie is ‘n adjudant offisier verbonde aan die SAPD.

Die bestuurder van die Kia is ook deur ER24 op die toneel behandel en beide pasiënte is na die Emfuleni Mediclinic geneem vir behandeling. Die twee ander passasiers van die Kia, ‘n man en vrou was egter ongedeerd.

Die polisie van Vanderbijlpark ondersoek die ongeluk.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button