NewsNews

Opvolg: Afleggings by ArcelorMittal

Hoe gaan dit die Vaal raak?

 

ArcelorMittal Suid-Afrika (AMSA) het verlede week bekend gemaak dat herstrukturering gedoen gaan word wat sowat 2 000 poste landwyd by dié staalreus gaan raak. Dié stap is glo noodsaaklik weens die ekonomiese druk waarin AMSA hom tans bevind.
Die Vaaldriehoek, wat steeds baie afhanklik van die staalbedryf is, gaan ongetwyfeld ook die gevolge hiervan voel.
Sakelui, veral eiendomsagente, het Vaalweekblad die afgelope dae geskakel om te hoor of ons al weet hoeveel poste in die Vaaldriehoek geraak gaan word aangesien dit ‘n effek op die plaaslike eiendomsmark kan hê as heelwat woonhuise te koop aangebied word deur afgelegde Mittal-werkers wat dalk elders werk gaan kry.
Vaalweekblad het ArcelorMittal vir kommentaar hieroor gevra, maar dit blyk dat presiese getalle nog nie vir die Vaaldriehoek bekend is nie.

Hier is ArcelorMittal se amptelike antwoord op ons navraag (in Engels, met Vaalweekblad se vertaling onder):

“We (Arcelor Miuttal) fully appreciate the uncertainty within our communities but, unfortunately, it is still too early to be able to give exact details on how the restructuring will play out in terms of numbers or sites as this will only be determined through the consultation process.”

“Ons (ArcelorMittal) besef ten volle die onsekerheid in ons gemeenskappe maar ongelukkig is dit nog te vroeg om presiese besonderhede te gee oor hoe die herstrukturering gaan afloop in terme van getalle of werke (sites). Dit sal mettertyd bepaal word deur die konsultasieproses.”

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button