Local newsNewsNewsBreaking News

Twee verdagtes inhegtenis na Anette Jooste van Eeden se moord

Twee verdagtes inhegtenis na Anette Jooste van Eeden se moord

VEREENIGING. – Nadat die liggaam van ‘n vrou van Vereeniging langs die pad naby Graaff-Reinet in die Oos-Kaap gevind is, het die polisie van die Karoo dorp onverpoosd gesoek na die twee verdagtes wat saam met haar die in haar voertuig was waarmee sy na haar suster in Port Alfred op pad was.

Anette Jooste van Eeden (59) se liggaam is op 13 Junie langs die N9, in die rigting van Middelburg, gevind. Twee inwoners van Vereeniging is in  gearresteer en het Maandag 15 Julie in die landdroshof op Graaff-Reinet in die hof verskyn.

Ao, Leon Weitz van die polisie op Graaf-Reinet, het saam met ao. Andrè Pienaar, konst. Chris Pretorius en sers. Rowan Nash van die Vereeniging-polisiekantoor, Sondag 14 Julie vir Chenè Chantell Verwey (48) en Mandla Khumalo (28) gearresteer.

Lees vorige berig in Vaalweekblad hier.

Related Articles

Back to top button