NewsNews

Pensioenarisse moet onthou

Kwalifiseer jy vir hierdie korting?

Pensioenarisse wat kwalifiseer vir kortings op erfbelasting vir die nuwe munisipale belastingjaar wat op 1 Julie vanjaar begin het, moet onthou dat aansoeke vir die afslag skriftelik voor 31 Augustus vanjaar gedoen moet word.
Om te kwalifiseer moet die applikant die eienaar van die eiendom wees en dit self bewoon, ouer wees as 60 jaar of ‘n ongeskiktheidspensioen ontvang, en nie die eienaar wees van meer as een eiendom nie.
Die inkomste van die huishouding (d.w.s. applikant en gade) moet minder beloop as R7 500 per maand.
Kortings word as volg bereken: Op ‘n inkomste van R0 tot R4 040 per maand 100%; op ‘n inkomste van R4 041 tot R4 460 per maand 60%; op ‘n inkomste van R4 461 tot R6 950 per maand 30% en op ‘n inkomste van R6 951 tot R7 500 per maand 15%.
Aansoekvorms vir die korting is by die munisipale kantore, asook by die kantore van VF Plus raadslid, Phillip van der Merwe beskikbaar.
Pensioenarisse wat hulp met die invul van die aansoekvorms benodig, is welkom om rdl. Van der Merwe by 058 852 2041 te skakel.
Applikante moet verkieslik ‘n afskrif van die aansoek maak en vra dat die munisipaliteit ‘n datumstempel op die afskrif aanbring wanneer die aansoek ingedien word.

Related Articles

Back to top button