NewsNews

Hulplyn vir veediefstal nie lewensvatbaar

Hulplyn vir veediefstal nie lewensvatbaar

Die hulplyn wat boere in die Vrystaat by wie vee gesteel is, sou help om verklarings af te lĂȘ, is sedert einde April nie meer in werking nie. Die Vrystaat was die enigste provinsie in die land waar diĂ© loodsprojek vir drie maande van stapel gestuur is as gesamentlike inisiatief van Vrystaat Landbou (VL) en die Rooivleis Produsente Organisasie (RPO).
Volgens Tommy Esterhuyse, visepresident van Vrystaat Landbou, was die projek nie lewensvatbaar nie. Esterhuyse sĂȘ hoewel goeie inligting gekry is in die drie maande wat die hulplyn geloods was, is daar nie in die primĂȘre doel geslaag om die proses te bespoedig om verklarings van veediefstal af te lĂȘ nie. Dit veral gesien in die lig dat tussen 67% en 80% van veediefstalle nie aangemeld word nie.
Hy het gesĂȘ die gedagte was dat die diens ondersteuning aan die polisie sou bied binne die Landelike-beveiligingstrategie, en dat die diens ook deur die polisie in die Vrystaat verwelkom is.
Volgens ‘n Vrystaat Landbou impak- en omvangstudie van misdade op kommersiĂ«le landbou wat in 2017 gedoen is, was veeverliese in die Vrystaat toe al tussen R1 biljoen en R3 biljoen per jaar. Agri SA se Nasionale Landbousektormisdaadopname wat deur die buro vir Marknavorsing by Unisa gedoen is, het ook bepaal dat die Vrystaat en Noord-Kaap in 2017 die provinsies was wat die ergste onder veediefstal deurgeloop het. Daar was toe nagenoeg 26175 voorvalle net in die Vrystaat. Die hulplyn sou help om verklarings so te kry dat dit verstaanbaar en leesbaar vir almal betrokke is, sodat ondersoek van die begin af binne die kriminele regstelsel goed kan verloop.
Esterhuyse het die hoop uitgespreek dat sou daar meer fondse in die toekoms wees, die hulplyn dalk weer vir Vrystaatse landbouers daargestel kan word, mits dit lewensvatbaar is.

Related Articles

Back to top button