NewsNews

Drie voertuig botsing – vrou en twee kinders beseer

Drie voertuig botsing – vrou en twee kinders beseer

VANDERBIJLPARK. – ‘n Ongeluk het vanoggend, Dinsdag 9 Julie net na 07:00 op die brug by Rafterz op die Ravel pad (Stokkiesdraai) plaasgevind.

Twee kinders en ‘n vrou is lig beseer toe twee van drie voertuie agtermekaar ingery het. ‘n Mercedes SUV, ‘n Volkswagen Polo stasiewa en ‘n Ford Figo was in die ongeluk betrokke. Netcare 911 was vinnig op die toneel gevolg deur ER24 wat vier pasiënte op die toneel gevind het.

Twee kinders en ‘n vrou is deur haar man na die Vaalpark hospitaal geneem  vir behandeling. Die ander insittendes was ongedeerd.

Die oorsaak van die ongeluk is onbekend en word ondersoek.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button