NewsNews

Alles en nog wat vir die buitelewe entoesias – sien ons jou daar!!

All Things Adventure Expo is ’n geleentheid vir uitstallers om mense wat lief is vir avontuur en die buitelewe, te bereik.

Nege sangers is vanjaar deel van All Things Adventure Ekspo wat op 24 Augustus by Stonehenge langs die Vaalrivier gehou word.

Die musiek begin al vroeg die middag. Ray Dylan is die hoofkunstenaar. Die ander kunstenaars is Heidi, Frieda, Juani M, Loggie, Elzé, Riek van Finn, Marne Prinsloo en Truter!

Ander nuwighede is ’n wyn- en kunsuitstalling, ’n bergfietswedren, die Badger-hinderniswedren en ’n reuse kinderspeelpark. Die organiseerders is druk besig om voor te berei vir die bekende aktiwiteite soos die vaardigheidskompetisie vir avontuur-motorfietse, die 4×4-baan, witwaterroei, ‘n vlieghengel-demonstrasie, die Kids Warrior Race en nog talle ander.

Dit begin en eindig by die All Things Adventure-terrein, dus ‘n ideale geleentheid om sommer die hele dag daar deur te bring, deur die stalletjies te stap, te eet en die musiek te geniet.

All Things Adventure Expo is ’n geleentheid vir uitstallers om mense wat lief is vir avontuur en die buitelewe, te bereik.

Aktiwiteite op die 4×4 baan is beslis nie net vir ervare of professionele deelnemers nie. Inteendeel, dit skep juis geleentheid vir enigiemand om in te skryf. Of kom geniet net sommer die dag.

Behalwe kos- en stalletjies vir handgemaakte ware is handelaars van bekende motorvoertuie en buitelewe-toerusting ook deel van die dag.

Kom stap deur die talle stalletjies en kom geniet dag. Luister musiek en kom eet by een van die kosstalletjies.

Skakel Antoinette Badenhorst by (018) 293 0750 vir uitstalruimte of stuur ’n e-pos na Antoinette.Badenhorst@mooivaalmedia.co.za.

Skakel Tertius oor die avontuur-motorfietskompetisie by 082 575 3441 en Klippies oor die 4×4 baan by 084 653 0211.

Die bergfiets-wedren (die ATA MTB Challenge) bestaan uit’n 10km vir kinders en ’n 30- en 60km wedren vir volwassenes. Aanlyn-inskrywings by www.cycleevents.co.za tpt 21 Augustus.

Die hoofborg van die All Things Adventure is RSA Search wat al die besprekings vir verblyf behartig. Gaan na www.rsasearch.co.za – die beste aanlyn besprekingsplatform in SA”

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button