NewsNews

Brrrrr – dit gaan nog koud word!!

Haal maar jou jas uit!

Vrystaters kan hul maar reg maak vir ‘n baie koue paar dae die week. ‘n Kouefront sal Gauteng na verwagting vanaand (Maandag 1 Julie) tref, en sal koue temperature tot minstens Woensdag voortduur.

Die kouefront het vanoggend reeds oor die Vrystaat en suidwestelike dele van Noordwes beweeg.

Sneeu word op die hoogliggende gebiede van die land verwag met die meeste sneeu wat na verwagting oor die Drakensbergen in die Oos-Kaap gesien sal word.

Die maksimum voorspelde temperatuur vir Vereeniging vir Maandag 1 Julie was 17 grade, terwyl nagtemperature tot -5 kan daal.

Dinsdag se voorspelde maksimum temperatuur vir Vereeniging is net 15 grade.

Related Articles

Back to top button