NewsNews

Ontmoet Mnr. Charles Pieterse van Hoërskool Parys

Baie dankie Mnr. Pieterse vir u passie vir onderwys en vir die toegewydheid waarmee u sorg dat ons kinders in Parys top akademiese onderrig ontvang. Ons waardeer dit.

 

  1. Waar kom jy oorspronklik vandaan? Ek is gebore in en het groot geword in Vanderbijlpark.
  2. Waar het jy jou studies voltooi? PU vir CHO (NWU)
  3. Watter graad? BSc graad met Chemie en Geografie as hoofvakke. Ander vakke Wiskunde, Fisika, Bodemkunde en Statistiek. Ek het toe daarna my Hoër Onderwys Diploma voltooi.
  4. Wanneer het jy by Hoërskool Parys begin? Vanaf 2 Mei 2002. Alreeds 17 jaar
  5. Watter vak bied jy aan? Fisiese Wetenskap vir graad 10 – 12
  6. Waarom het jy besluit om ‘n onderwyser te word? Ek kom uit ‘n onderwysfamilie waar my Pa en Ma onderwysers was. Dit was ‘n logiese keuse om die onderwys as loopbaan te kies.
  7. Waarom Fisiese Wetenskap? Sedert my skooldae was dit my gunsteling vak gewees. Ek was nog altyd redelik sterk in die syfervakke.
  8. Wat geniet jy die meeste van onderwyser wees? Om met die kinders op alle vlakke te te werk en sien hoe hulle ontwikkel. Die grootste bevredinging vir my is om te sien dat leerlinge wat deur my hande gegaan het, soveel sukses in hulle loopbane bereik. Wat die buitemuurs betref is dit lekker om aan die einde van ‘n sportseisoen te sien op watter vlak die kinders is in vergelyking met die begin van ‘n seisoen. Hierdie ervaring kan nie met geld gekoop word nie.
  9. Hoe sal jy jou onderwysstyl beskryf in drie woorde? Humoristies, streng, konsekwent
  10. Wat maak Parys anders? Hier kry kinders alle moontlike geleenthede wat aan hulle meer blootstelling gee as in die stadskole.
  11. Wat wil jy hê leerlinge moet wegvat nadat hulle ‘n jaar by jou in die klas spandeer het? Ek wil by leerlinge ‘n liefde kweek vir die vak, maar ook dat hulle die skool aan die einde van matriek sal verlaat as ‘n gebalanseerde mens.

 

Baie dankie Mnr. Pieterse vir u passie vir onderwys en vir die toegewydheid waarmee u sorg dat ons kinders in Parys top akademiese onderrig ontvang. Ons waardeer dit.

 

Related Articles

Back to top button