NewsNews

Samewerking lei tot groot deurbraak in vlaag van veediefstal

Die deurbraak kom te midde van groot verliese van boere in die distrik as gevolg van veediefstal.

Altesaam 32 gesteelde skape is die naweek teruggevind danksy uitmuntende samewerking tussen boere van die distrik, die plaaslike polisie, Veediefstaleenheid en Boere Veediefstal Inligting Sentrum.
Die deurbraak kom te midde van groot verliese van boere in die distrik as gevolg van veediefstal.
Inligting is vroeg Saterdagoggend 22 Junie gekry van 20 skape wat uit ‘n kraal op die plaas De Brug langs die Barrage-pad gejaag is. Die inligting is opgevolg waarna net meer as ‘n uur later al die skape teruggevind is.
Die skaapdiewe het egter op die vlug geslaan. Twee weke gelede is skape ook op n naburige plaas in dieselfde omgewing gesteel wat steeds nie gevind is nie.
Teen Saterdagoggend 08:00 is gerapporteer dat nagenoeg 25 skape by Jaap van der Westhuizen gesteel is, enkele kilometers vanwaar die skape Saterdagoggend gesteel is.
Boere, die polisie en die polisie se Veediefstaleenheid het weer blitsig gereageer om leidrade op te volg en spoor te sny. ‘n Voertuig is net na 10:00 Saterdagoggend naby die munisipale vullisstortingsterrein net buite die dorp voorgekeer met 18 van die gesteelde skape daarin. Die skape is letterlik soos sardientjies, selfs tot 4 bo-op mekaar in die voertuig gelaai.
Vier persone is in hegtenis geneem en aan die Veediefstaleenheid oorhandig, wat blitsig op die toneel was.
Daarna is nog 14 van die gesteelde skape ook gekry, waar hulle in die nabygeleë bosse vasgemaak was.
Boere en ander rolspelers word gevra, sou daar enigsins verdagte bewegings op hul grond of in die omgewing opgemerk word, dat dit sonder versuim by die polisie gerapporteer moet word.
“Laat weet jou bure en veiligheidsgroepe dadelik. Aktiveer jou inligtingsgroep en volg leidrade op.
“Vinnige optrede lei gewoonlik tot sukses en is dit nodig dat die gemeenskap betrokke sal wees in die deurgee van inligting,” sê Sarel van der Watt.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button