News

Swendelaar lieg oor kaping en vermoorde vrou

‘n Man het Donderdag 20 Junie by verskeie besighede in Potchefstroom omgegaan en op mense se gevoel gespeel om geld te probeer kry.

 

Volgens oproepe wat die Potchefstroom Herald ontvang het, is dié man se storie dat sy vragmotor op die N12 naby die weegbrug gekaap is. Sy vrou is ook tydens die kaping dood geskiet.

Volgens die man het hy glo geld nodig om by die Namibiese ambassade in Pretoria te kom, omdat hy van Namibië afkomstig is.

By navraag het kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder in Potchefstroom, gesê dat daar geen kaping of moord  in Potchefstroom aangemeld is nie.

“Die polisie is glad nie bewus van so geval nie,” het Chaka gesê.

Verskeie nooddienste het ook bevestig dat daar nie so geval naby Potchefstroom plaasgevind het nie.

Inwoners word  teen dié swendelaar gewaarsku.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button