NewsNews

N9 moordslagoffer ‘n vrou van Vereeniging

N9 moordslagoffer ‘n vrou van Vereeniging

VEREENIGING. – Die vermoorde vrou wie se liggaam om 06:30 op Donderdag 13 Junie net buite Graaf-Reinet gevind is, is nou geïdentifiseer en is afkomstig van Vereeniging.

Anette Jooste van Eeden (59) se liggaam is langs die N9, in die rigting van Middelburg gevind. Haar identiteit was egter onbekend en die polisie woordvoerder op Graaf Reinet, Kaptein Bradley Rawlinson het gesê die onbekende vrou is gevind met ‘n oop wond aan die kop geklee in ‘n paar jeans en ‘n blou hemp.

Volgens ‘n berig van Christo Vermaak, joernalis by die Graaf Reinet Advertiser was sy op pad na haar suster Ronel Veldman in Port-Alfred, maar het nooit daar opgedaag nie. Vermaak het ook met sy berig Graaf Reinet Advertiser die identiteit van Anette opgespoor.

Voorlopige inligting is dat Anette uit Vereeniging vertrek het saam met twee ander persone in die voertuig. Woensdag is ‘n nadoodse ondersoek gedoen en die polisie op Graaff Reinet sal later die besonderhede bekendmaak.

LEES MEER IN VAALWEEKBLAD 26 JUNIE 2019

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button