NewsNews

Gewapende rowers kaap man

‘n Man is Sondagoggend, 16 Junie, omstreeks 06:00 op die R53 (Ventersdorp-pad), in Potchefstroom gekaap.

‘n Man is Sondagoggend, 16 Junie, omstreeks 06:00 op die R53 (Ventersdorp-pad), in Potchefstroom gekaap.

Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, was die man besig om te bestuur toe ‘n blou BMW skielik oor die pad ‘n U-draai gemaak en reg voor sy motor stilgehou het. Twee mans met vuurwapens het uitgeklim en na hom gehardloop.

Hulle het in sy motor geklim waarna hy gedreig is. Hulle het hom forseer  om tot by die Eleazerpad te ry. Daar het hulle hom uit sy motor uit gegooi, hom vasgemaak, ‘n kombers oor hom gegooi en met sy motor gevlug.

Die man kon hulp van die polisie kry. Nog niemand is in hegtenis geneem nie en die motor is nog nie opgespoor nie.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button