News

Gebou brand laat opnuut weer kommer oor brandweerdiens

Verskeie brande in dorp aangemeld.

Verskeie brande het vandag vrywilligers van We Care aan die hardloop gehad met brande wat een na die ander in Parys, onder meer tussen Loop-, Delver- en Grenstraat, Eerstelaan en Grensstraat, en Delver- en Breestraat gewoed het.

Laatmiddag is ook groot skade aangerig in n verwoestende brand by die Emfuleni gebou in Schochetstraat in Parys se nywerheidsgebied.

Die groot aantal brande wat kort na mekaar gelyktydig uitgebreek het, het opnuut weer vrae gelaat oor die mate waarin hulp verleen kan word deur die munisipale brandweerdiens in Parys, en van die ander Ngwathe dorpe wat van die brandweer afhanklik is en waaroor daar lankal reeds ernstige kommer is oor die doeltreffendheid van die diens en toerusting.

Hulp sou uiteindelik vanmiddag van die Metsimahollo munisipaliteit gevra word vir die Emfuleni gebou brand.

Meer hieroor in volgende week se Gazette.

Die Ngwathe munisipaliteit sal ook om kommentaar gevra word

 

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button