NewsNews

Turkoois-bederf vir dorp se bejaardes

Turkoois-bederf vir dorp se bejaardes

Bejaardes van Parys is Donderdag getrakteer met tee en heerlike verversings by Amot ter viering van die Tooi Turkoois-inisiatief vir bejaardes. Sonja Lochenberg het by die geleentheid as gaskunstenaar opgetree. Die groot bederf is gereël deur die Hervormde gemeente Parys.
Die Tooi Turkoois inisiatief word jaarliks gehou en het op 15 Mei by die Voortrekkermonument in Pretoria afgeskop.
Die veldtog het daarop gefokus om die aandag van die publiek te vestig op bejaardeversorging, en het Saterdag 15 Junie ten einde geloop. Naas die kleurvolle turkoois strikke om die tehuis se bome, het personeel ook spesiaal die dag turkoois gedra, is turkoois strikkies uitgedeel aan inwoners en besoekers, en is ook die saal en eetgoed in turkoois getooi.

Related Articles

Back to top button