Die program sal Donderdag (20 Junie) oral beskikbaar wees. Volgens Delmari van Zyl, bestuurder van borge, media en bemarking sal Potchefstromers al Vrydag (21 Junie) kaartjies kan koop. Dit terwyl die res van die land eers Maandag (24 Junie) kaartjies sal kan koop.
Die kaartjies sal Vrydag met die spesiale kode PLAASLIK2019 by ticketpro by die Aardklopkantore in Molenstraat 69 beskikbaar wees.