Vredesluiting van 117 jaar gelede in Vaal herdenk
Die vredesluiting, bekend as die Vrede van Vereeniging, wat op 31 Mei 1902 tussen die Boere-verteenwoordigers en die Engelse bevelhebbers na die Anglo-Boereoorlog onderteken is, is op 31 Mei op verskeie plekke in Suid-Afrika herdenk
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/116/2019/06/small-Freddie-Vrede-31-Mei-2019-groot-groep.jpg)
Vredesluiting van 117 jaar gelede in Vaal herdenk
Die vredesluiting, bekend as die Vrede van Vereeniging, wat op 31 Mei 1902 tussen die Boere-verteenwoordigers en die Engelse bevelhebbers na die Anglo-Boereoorlog onderteken is, is op 31 Mei op verskeie plekke in Suid-Afrika herdenk. In die Vaaldriehoek is kranse onder andere by die Konsentrasiekamp-begraafplaas en die Vredesmonument in Vereeniging, en by die Witkoppen-blokhuis langs die Sybrand van Niekerk-snelweg gelê.
![](https://vaalweekblad.com/wp-content/uploads/sites/119/2019/06/Freddie-en-Russiese-vader-2019-520x400.jpg)
Mnr. Freddie Peters, onder andere kultuur- en geskiedenisgeesdriftige sowel as Speaker van die Midvaal-stadsraad, en Vader Daniel Lugovoi van die Russies-Ortodokse Kerk in Midrand tydens ‘n kranslegging wat daar gehou is om hulde te bring aan Russiese soldate wat ook in die Vryheidsoorlog geveg het. Die Russiese ambassade in Suid-Afrika het hul kulturele attaché gestuur om ook aan die plegtigheid deel te neem.
![](https://vaalweekblad.com/wp-content/uploads/sites/119/2019/06/small-Kranslegging-by-Blokhuis-verteenwoordigers-Freddie-Mei-2019-520x400.jpg)
Kranse is ook deur belangstellendes en verskeie kultuurorganisasies by die Witkop-blokhuis, ‘n bekende baken langs die R59-snelweg, gelê. Die geleentheid is onder andere bygewoon deur James Hackett, ‘n plaaslike historikus en ‘n afstammeling van die Iere wat saam met die Boere geveg het in die Vryheidsoorlog.
![](https://vaalweekblad.com/wp-content/uploads/sites/119/2019/06/small-Kranslegging-by-Vredesmonument-31052019-6-31-Mei-2019-520x400.jpg)
Die Vryheidsmonument in Vereeniging se burgersentrum, waar kranse ook op 31 Mei gelê is.
![](https://vaalweekblad.com/wp-content/uploads/sites/119/2019/06/small-Verteenwoordigers-wat-kranse-gele-het-Vredesmonument-Mei-2019-520x400.jpg)
Die vredesluiting, bekend as die Vrede van Vereeniging, wat op 31 Mei 1902 tussen die Boere-verteenwoordigers en die Engelse bevelhebbers na die Anglo-Boereoorlog onderteken is, is op 31 Mei op verskeie plekke in Suid-Afrika herdenk. In die Vaaldriehoek is kranse onder andere by die Vredemonument in Vereeniging gelê. Hier is mnr. Freddie Peters (vierde van links), Speaker van die Midvaal-stadsraad, en Marianda Schlebush (in wit baadjie, heel regs) van die FAK saam met ‘n paar van die afgevaardigdes en belangstellendes wat die geleentheid by dié monument bygewoon het.