NewsNews

VF Plus vra vir forensiese oudit van munisipaliteit

Die VF Plus, het in ‘n verklaring weereens op ‘n forensiese oudtit van die munisipaliteit se finansies aangedring.

Die VF Plus, het in ‘n verklaring weereens op ‘n forensiese oudit van die JB Marks munisipaliteit (Potchefstroom en Ventersdorp) se finansies aangedring.

Volgens Pieter Steyn, VF Plus koukusleier in die munisipaliteit, is die oplossing vir die munisipaliteit se probleme nie noodwendig om dit onder administrasie te plaas nie.

Om die JB Marks-plaaslike munisipaliteit onder administrasie te plaas, is nie die oplossing vir die dorpe wat dit bedien, Potchefstroom en Ventersdorp, se probleme nie.

“Die diep verdeelde ANC in die Noordwes gebruik die dekmantel van administrasie om sy verdeelde koukus in JB Marks te beheer, ten koste van dienslewering en die regte en belange van die inwoners van Potchefstroom en Ventersdorp,” het Steyn gesê.

Opposisiepartye het al herhaaldelik op ʼn forensiese oudit van die dorp se finansies aangedring.

“Die oudit is nodig sodat ongerymdhede nie onder die mat ingevee kan word nie, en sodat die mense wat verantwoordelik is vir die munisipaliteit se finansiele verknorsing, aanspreeklik gehou kan word,” het Steyn gesê.

Volgens die verklaring sal die VF Plus ʼn mosie indien dat ‘n forensiese ondersoek dringend gedoen word om te voorkom dat die munisipaliteit totaal in duie stort.

“Munisipaliteite wat onder administrasie geplaas is, kon nog nooit suksesvol reggeruk word nie,” het Steyn gesê

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button