NewsNews

Dit is wat 2020 begroting vir Ngwathe inhou

Op grond van die voorgaande het die VF Plus die goedkeuring van die begroting, anders as die DA en EFF wat daarteen gestem het, voorwaardelik aanvaar met voorbehoud, onder andere, dat sake hierbo genoem spoedig aandag sal kry.

Die Ngwathe munisipaliteit het pas ‘n begroting wat ‘n verlies van R44 miljoen voorsien vir 2020 goedgekeur.
Hierdie syfer is totaal onrealisties. Daar is met ooroptimisme
voorsien vir verhaling van slegte skuld. Die feit dat talle verbruikers nie hul volle lopende rekeninge vir dienste stiptelik betaal nie, is ook nie voldoende verdiskonteer
nie.
Daar is egter ook pluspunte. Op my aandrang is
kortings op erfbelasting vir pensioenarisse wie hul eie huise besit aangepas deur verhoging van beide die toepaslike persentasies en inkomsteperke.
Pensioenarisse wie se huishoudinginkomste tussen R0,00 en R 4 040,00 per maand beloop sal vanaf 1 Julie ‘n korting van 100% ontvang, tussen R 4 041,00 en R 4 460,00 per maand 60%, tussen R 4 461,00 en R 6 950,00 per maand 30%, en tussen R 6 951,00 en R 7 500,00 per maand 15%.
Aansoek moet tussen 1 Julie en 31 Augustus gedoen
word om die korting te ontvang.
Die VF+ het sterk kapsie gemaak teen die heffing vir leiwater wat alle Parysenaars betaal, terwyl slegs ‘n klein groepie die water fisies ontvang. Die punt is verwys na die Finansiële Komitee om ’n metode te vind waarvolgens slegs dié
inwoners wat wel fisies leiwater ontvang daarvoor sal betaal.
Nog ‘n aspek wat as gevolg van my insette verder ondersoek sal word, is ‘n glyskaal vir waterverbruik deur besighede, staatsinstansies ensovoorts. Tans verhoog die tariewe vir waterverbruik deur huishoudings sodra ‘n perk van 20 Kl oorskry word, terwyl alle ander verbruikers se tariewe konstant bly ongeag hulle verbruik.
“Tariewe vir waterverbruik in ‘n waterskaars area soos Suid-Afrika behoort so gestruktureer te word dat alle verbruikers gepenaliseer word wanneer water vermors of
onoordeelkundig verbruik word.”
Buiten vir riolering en vullisverwydering, word ook tans geen spesifieke tariewe voorgeskryf vir ouetehuise,
versorgingsentrums, liefdadigheidsorganisasies ensovoorts nie. Ouetehuise betaal volle erfbelastingtariewe. Ook hierdie aspekte wat deur my aangeroer is, sal deur die Finansiële Komitee verder
ondersoek word met die oog op moontlike implimentering van spesifieke tariewe vir diesulke organisasies vanaf I Julie 2020.
Wat egter verblydend is, is dat wat personeelkoste betref vir slegs ‘n 5% verhoging voorsiening gemaak word. Personeelkoste
by die munisipaliteit, wat tans al bykans R 230 miljoen per jaar beloop, verteenwoordig volgens my reeds ‘n amper te groot deel van die munisipale bedryfskoste, en stygings behoort binne inflasieverwante syfers beperk te word.
“In die geheel gesien behoort die begroting, veral sover dit stygings in tariewe aanbetref, as positief beskou te word. Wat egter nog steeds kommerwekkend bly, is of die munisipaliteit deur sy nuwe voorgestelde strategieë daarin gaan slaag om sy begrote inkomste meer suksesvol in te vorder as wat in die verlede die geval was. Inwoners sal, soos ek, moet wag en sien of die amptenary die mikpunte in die begroting sal bereik” sê hy.
Op grond van die voorgaande het die VF Plus die goedkeuring van die begroting, anders as die DA en EFF wat daarteen gestem het, voorwaardelik aanvaar met
voorbehoud, onder andere, dat sake hierbo genoem spoedig aandag sal kry.

Related Articles

Back to top button