NewsNews

VF Plus reageer oor riool-lekkasie by OK-gebou in Vanderbijlpark

VF Plus reageer oor riool-lekkasie by OK-gebou in Vanderbijlpark

In ‘n mediaverklaring uitgereik deur raadslid Gerda Senekal van die VF Plus-raadslid op 12 Junie, sê die Vryheidsfront Plus dat hulle gaan regsadvies inwin aangesien die gesondheid van personeel in die OK-gebou in Vanderbijlpark se sentrale sakekern (SSK) ernstig in gevaar gestel word vanweë gebrekkige onderhoud aan die riool-pompstasie op die hoek van Blesbok- en CR Swartstrate agter die gebou.

 Werknemers kla dat hulle siek word en doktersbehandeling moet ontvang weens die maandelange blootstelling aan riool en skadelike en gevaarlike biologiese middels in die lug.

 Die werknemers in die aangrensende Trustbankgebou word ook hieraan blootgestel. Hulle vrees die uitbreek van siektes wat hul gesondheid kan benadeel en selfs die moontlikheid van ontploffings weens metaangas wat in die parkeerkelder van die OK-gebou opbou.

Vanweë die rioolprobleem is die Emfuleni-munisipaliteit twee maande gelede gedwing om sy inkomstebestuursentrum in die OK-gebou te ontruim en talle munisipale werkers is tydelik verskuif. Munisipale dienste het erg hieronder gely.

 Ander ondernemings in die gebied word ook ontwrig deur die stank van riool wat in die hoofstraat afloop. Veral restaurante en voedselverkopers word benadeel. Die Emfuleni-munisipaliteit is sedert 2018 bewus van die klagtes en mediaberigte oor die probleem.

 Werknemers van sake-ondernemings het gister na die burgemeesterskantoor opgeruk om ‘n veilige werksomgewing te eis. Volgens hulle is dit duidelik dat die munisipaliteit hom nie steur aan standaarde vir beroepsgesondheid en veiligheid nie.

 Die VF Plus hou die uitvoerende beamptes van die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit aanspreeklik vir die situasie en vir enige skade wat sake-ondernemings hierdeur mag ly en dring daarop aan dat die probleem dringend aandag geniet en reggestel word.

 Kontaknommer: 076 616 2124

Photo: Lazarus Dithagiso – Vaalweekblad

Photo: Lazarus Dithagiso – Vaalweekblad

Photo: Lazarus Dithagiso – Vaalweekblad

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button