NewsNews

Is SE7 se substasie die volgende wat gaan ontplof?

‘n Volledige oudit gaan in SE7, Vanderbijlpark gedoen word. Elke elektriese meter gaan geïnspekteer word en hersoneringsregte sal nagegaan word.

 
VANDERBIJLPARK. – Verskeie elektriese substasies het die afgelope maande in die Vaaldriehoek en elders in die land ontplof en baie inwoners vra nou met reg: Watter substasie is volgende?

Groot kommer heers veral oor die toestand van die substasie in SE7, Vanderbijlpark.

DA-raadslid Yvonne Coertze van Wyk 9 in die Emfuleni Plaaslike Raad, sê sy beskou dié vraag in ‘n baie ernstige lig want dit is ongetwyfeld “‘n groot werklikheid”.

“Daar is voortdurend kragonderbrekings in SE7. Die redes hiervoor is onwettige konneksies, kragdiefstal, inwoners wat onwettig opgradeer na fase 3-kragvoorsiening, en besighede wat bedryf word sonder dat die nodige hersoneringsproses deurloop is.”

Sy sê heelwat inwoners is self skuldig, wat daartoe lei dat onskuldige inwoners die gevolge moet dra.

‘n Ondersoek is gedoen na twee spesifieke strate in SE 7. Die bedrae wat aan die Emfuleni Plaalike Munisipaliteit (ELM) verkuldig is vir krag, water en erfbelasting, beloop gesamentlik meer as R1.5 miljoen.

“Druk word gedurig uitgeoefen op ELM om hierdie geld in te samel en die mense wat geld skuld, se krag te sny. Dit is ook belangrik dat Emfuleni onthou dat die wet aan hulle kant is en dat enige persoon wat die wet oortree, sy of haar regte verloor,” sê raadslid Coertze.

“Na samesprekings met van die amptenare is besluit dat ‘n volledige oudit in SE7 gedoen gaan word. Elke elektriese meter gaan geïnspekteer word en hersoneringsregte sal nagegaan word,” sê sy.

Volgens raadslid Coertze is dit die enigste manier hoe die reeds oorbelaaide substasie van ontploffing gered kan word.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button