NewsNews

So kon leiwater dié parkie groen hou

Die luukse van leiwater was vir baie jare ʼn ongekende en groot pluspunt vir Parysenaars.

Kyk jy na die Saligna-speelparkie op die h/v Grens- en Cilliersstraat, val die groen grasperk en netjiese beddings jou dadelik op. Jarelange handewerk van Dolf Lategan en inwoners van die omgewing wat bydra tot die onderhoud van dié netjiese en baie gewilde speelparkie.
Dolf het destyds goedkeuring van die munisipaliteit gekry om water van die leivoor onderdeur die pad na die parkie aan te lê.
Dit is so beplan om seker te maak die speelarea se grasperke bly groen sonder om munisipale water te gebruik.
Met die bydraes vir die water-uit-die-voor-projek is ‘n ondergrondse besproeiingstelsel aangelê. Die sproeiers sou dan net twee op ‘n slag spuit juis om ander gebruikers van die water ook in ag te neem.
Die leiwatervore en kanale is tradisioneel in die wintermaande skoongemaak, maar die afgelope paar jaar is die leiwater baie laat na die winter beskikbaar gestel weens trae instandhouding van die leiwaterstelsel, wat opnuut uitdagings geskep het vir tuiniers soos Dolf wat staatgemaak het op die water, en nou kwalik kan onthou wanneer laas daar water in die leivoor was.
Die luukse van leiwater was vir baie jare ʼn ongekende en groot pluspunt vir Parysenaars. Die destydse dorpstigters het daarom juis gesorg dat voorwaardes vir die voorreg gestel word – een daarvan dat inwoners maandeliks vir die diens betaal.
En terwyl baie nooit die voorreg gehad het om van die diens gebruik te kon maak nie, is ondoeltreffende dienslewering, stukkende kanale, geblokte leivore, pompe wat nie werk nie en probleme by die Rooidam waaruit die leiwater onttrek word, maar net van die redes waarom ander wat wel leiwater gehad het, knaend daarsonder gesit het.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button